Shop

Tuiskoms

R275.00

Categories: ,

Description

Dawid Visser en Charlie Baker het saam grootgeword op Malmokbaai, ‘n klein vissers- en vakansiedorpie aan die Kaapse Weskus. Hulle was beste vriende vandat hulle sesjaar oud is en onafskeidbaar. Op 6 Januarie 1986, die dag voor Dawid op die trein moes klim vir Nasionale Diensplig, konfronteer Charlie hom egter met ‘n erkenning wat Dawid ontstel en beide van hulle onseker en verward laat.

Dan gebeur daar iets verskrikliks met Charlie gedurende sy eerste jaar op universiteit in Stellenbosch wat hulle albei dwing om hulle vriendskap en gevoelens in heroënskou te neem.
Al die mense naby aan hulle word ook op die een of ander manier geraak deur wat met Charlie gebeur het en almal, insluitend Charlie, word gedwing om op ‘n innerlike reis te gaan van erkenning en vergifnis. Van hulle beleef ‘n tuiskoms en ander bly soekend.

Tuiskoms is ‘n eerlike, onopgesmukte verhaal wat met deernis, humor en kleurvolle karakters soos veral Douwlina Visser en Pieter Barnard die liefde, lojaliteit en deursettingsvermoë van, nie net ‘n gay paartje nie, maar ook van hulle vriende en families vertel. Die verhaal spreek ook heelparty aktuele kwessies aan en sal byval vind by die meeste lesers, maar veral by gay mense en by die vriende en families van gay mense.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Tuiskoms”

Your email address will not be published.