Shop

Poppedonsie

(1 customer review)

R165.00

SKU: 978-1-990957-18-5 Categories: ,

Description

Agt stories, een vir elke aand, oor ’n
dogtertjie en haar ouma. Poppedonsie is ’n kleuter wat pas begin stap het en saam met haar onhebbelike ouma, wat die een flater na die ander begaan, allerlei avonture beleef.
Poppedonsie is die verteller wat alles raaksien en Ouma is altyd in die moeilikheid by Mamma.
Ouma word elke keer uitgevang, maar sy
word ook elke keer vergewe, want sy en
Poppedonsie is onafskeidbaar.
Ouma glo dat jellie speelgoed is, klim
met klere en al saam met Poppedonsie in die skuimbad en meng Poppedonsie se ertjies met Smarties sodat dit lekkerder proe.
Dit is mos hoe ’n ouma moet wees.

1 review for Poppedonsie

  1. Sylvia De Kock

    Carla van der Spuy se eerste kinderboek ‘Poppedonsie’, word op ‘n baie vrolike en kreatiewe manier aan die lesers oorgedra. Die lesers in hierdie geval is al die oumas en kleinkinders daarbuite. Poppedonsie is die verteller en sy blaker graag al die lawwe goed wat haar ouma aanvang uit. Daar is agt heerlike, humoristiese kort voorleesstories – perfek vir net voor badtyd, tydens badtyd of slaaptyd. Sekere frases wat in die boek herhaal word, is uitstekend vir taal- en emosionele ontwikkeling by kinders. Byvoorbeeld: “Die Jellie dril en dril en dril” (Bladsy 8). “Ek huil en huil en huil” (Bladsy 29). Hierdie tegniek van herhaling verbeter ook geheue en konsentrasie by kinders.
    Die illustrasies in die boek, deur Martie van Niekerk, beeld elke karakter te kostelik uit en help die kinders om makliker te identifiseer met elke storie. Die omslag van die boek het opvallende en helder kleure, wat dit juis vir kinders so aantreklik maak.
    Carla slaag daarin om die karaktertjies geliefd te maak en wys ook dat Ouma’s amper altyd kan wegkom met moord.

Add a review

Your email address will not be published.